Vrees die HERE!

Ons was geseënd om gedurende Maart/April 2013 Israel te besoek. Wat ‘n voorreg was dit om die plekke te besoek wat in die Bybel op geteken is. Van Edom is daar net die reunes oor. Om te sien hoe die Rooisee lyk en te besef watter groot wonderwerk daar regtig plaas gevind het. Dat God daardie massa water oop gekloof het dat die Israeliete daar op droë grond kon deur trek. Sodom en Gamora wat totaal vernietig is tot vandag toe. Jy sien die swart merke soos die swael gebrand het en daar groei niks. Om op die Dooie See rond te dobber en te weet daar is geen lewe in die see nie, was ‘n ander tiepe ervaring.

Vandag nog word mense wat tot bekering kom in die Jordaan gedoop. Ons het ook die Via Delarosa gestap tot by Golgota. Die berg lyk net soos ‘n kopbeen. Die 14 dae wat ons in Israel was het ons ‘n diep ontsag vir die HERE ontwikkel. Daar het ons gesien dat wat die HERE gespreek het, het gebeur. Die Bybel is nie net fabels wat opgeskryf is nie, dit het werklik gebeur en God is self die outeur van die Bybel.

Een aand in die week word ek wakker, maar is ook nie regtig wakker nie. Dit is ‘n vreemde gevoel. Die HERE herinner my aan ons tyd in Israel vir die ontsag wat ons daar vir Hom gekry het. Hy gee egter ook vir my die beeld van Lot se vrou wat ons daar gesien het. Die waarskuwing is baie duidelik en dringend, ons moet nie so besig raak met die wêreld se dinge dat ons van God vergeet nie. Hy moet die eerste plek in ons lewe hê in alles wat ons doen.

Wanneer die basuin blaas (en hy gaan blaas) moet ons nie so wêreld georiënteerd wees dat ons agter bly soos Lot se vrou nie. Sy het nog gehunker na die lewe in Sodom en Gamora en dit het haar lewe gekos. Ons moet uit haar fout leer en seker maak dat ons prioriteite reg is en dat ons God die respek en liefde gee wat Hom toe kom. Hy het ons lief gehad nog toe ons sondaars was. Hy het ons nie lief omdat ons Hom lief het nie, nee Hy het ons lief al het ons Hom nie lief nie, onvoorwaardelike. As kan nie dink dat omdat ons Jesus Christus as ons Verlosser aangeneem het, nou stop dit daar nie. Nee, dit is net die begin. Ons moet ‘n lewende intieme verhouding hê met die HERE. Hy is nie ons maat nie, HY is ons God. Die vrees wat die Bybel van praat is nie om bang te wees vir die HERE nie, maar om respek en ontsag vir Hom te hê.

Lot se vrou

EK het met my eie oë gesien dat wat God gesê het, het gebeur. So dit wat God gesê het en nog moet gebeur gaan gebeur. Wanneer Hy sê die goddelose gaan hel toe, gaan dit gebeur. Wanneer Hy sê dat die wat Hom lief het en Hom respekteer en in alles eerste stel gaan saam met Hom in ewigheid lewe, gaan dit gebeur. Verseker dat jy hemel georiënteerd is en nie wêrelds nie.

Ons moet dringend verseker dat ons verhouding met die HERE reg is. Ons weet nie wanneer die basuin gaan blaas nie. Daarom kan ons nie uitstel nie, dit kan vandag ook gebeur. Is jy dan gereed?

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir U liefde en genade. Vergewe my waar ek U nie vrees soos ek dit behoort te doen nie. Vergewe my waar wêreldse ding en mense vir my belangriker is as U. Gees van God help my asb om my resprek en prioriteite reg te kry en die HERE weer in alles eerste te stel in my lewe. Here Jesus dankie vir die kruis en dat ons daardeur verlossing ontvang het. In Jesus Naam vra ons dit. Amen

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *